AfriForum bied ’n gesonde, gebalanseerde en gelukkige werksomgewing met dinamiese, talentvolle personeel wat almal hard werk om ’n verskil te maak.
Die organisasiekultuur is op Christelike waardes soos eerlikheid, openlikheid, vertroue, samewerking en lojaliteit gebou.
’n Loopbaan by AfriForum skep die geleentheid om aan ’n organisasie te behoort wat op mense fokus en waar jou kwalifikasies, ondervinding, eienskappe en vaardighede ’n belangrike bydrae sal lewer.
Om te behoort en om ’n verskil te maak, is ’n inherente behoefte wat elke persoon het. AfriForum bied personeel die unieke geleentheid om aan beide hierdie behoeftes te voldoen.
Hoewel ons jou vertel hoe dit is om vir ons te werk, is dit beter om dit uit die perd se bek te hoor: Ons personeel.
Opleiding geleenthede
Welstandsdae en ondersteuning
Sportdae
Markverwante salaris
Ete subsidie
Rolstoel vriendelike omgewing
“ AfriForum bied my ’n veilige werksomgewing, die ruimte om myself te bestuur, my roeping uit te leef en voortdurend te groei, en talle geleenthede om ander te inspireer en deur ander geïnspireer te word. ”
“ Dit is ’n voorreg om deel te wees van ’n organisasie wat nie net praat nie, maar doen en ’n werklike verskil maak. ”
“ AfriForum het ’n produktiewe atmosfeer met meer as genoeg geleenthede om werklik ’n verskil te maak en ’n bron van hoop te wees. ”