Die pos is gebaseer in Kloofsig, Centurion. Om daarvoor in aanmerking te kom, benodig jy ’n Senior Sertifikaat, BA-graad in Kommunikasie/Bemarking of diploma sowel as ’n geldige bestuurderslisensie. ’n Projekverwante kwalifikasie en vorige ervaring in ’n projekte-omgewing sal ’n aanbeveling wees.
Vaardighede en eienskappe wat tot jou voordeel sal strek, is: uitstekende taal- en kommunikasievaardighede; goeie interpersoonlike en aanbiedingsvaardighede; die vermoë om in spanverband en onafhanklik te werk; detailgeoriënteerdheid; kennis van sosialemediakanale en goeie rekenaarvaardighede.
Die pos behels onder meer om hulp te verleen met AfriForum se onderwysverwante projekte, aanbiedings by skole, voorbereiding vir die aanbied van funksies en opruiming daarna, asook algemene administratiewe take soos die versending van posstukke en hantering van navrae. Let wel dat daar van die suksesvolle kandidaat vereis sal word om te reis om administratiewe steun aan die lynhoof te verleen.
Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang het nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate oorweeg is vir die pos.