AfriForum bied ’n gesonde, gebalanseerde en gelukkige werksomgewing met dinamiese, talentvolle personeel wat almal hard werk om ’n verskil te maak.
Die organisasiekultuur is op Christelike waardes soos eerlikheid, openlikheid, vertroue, samewerking en lojaliteit gebou.
’n Loopbaan by AfriForum skep die geleentheid om aan ’n organisasie te behoort wat op mense fokus en waar jou kwalifikasies, ondervinding, eienskappe en vaardighede ’n belangrike bydrae sal lewer.
Om te behoort en om ’n verskil te maak, is ’n inherente behoefte wat elke persoon het. AfriForum bied personeel die unieke geleentheid om aan beide hierdie behoeftes te voldoen.
Hoewel ons jou vertel hoe dit is om vir ons te werk, is dit beter om dit uit die perd se bek te hoor: Ons personeel.
“ AfriForum as werkgewer gee sy personeel geleentheid om saam met die organisasie te groei. As AfriForum-werknemer weet jy daagliks dat jy besig is met iets groter as jyself. Dit maak dit vir my lekker om in AfriForum se diens te wees.” ”
“ AfriForum bied my ’n veilige werksomgewing, die ruimte om myself te bestuur, my roeping uit te leef en voortdurend te groei, en talle geleenthede om ander te inspireer en deur ander geïnspireer te word. ”
“ Dis ’n voorreg om te werk vir ’n organisasie wat fokus op die bou van ’n toekoms vir ons gemeenskap. Dis veral lekker om onbeskaamd in Afrikaans te kan werk. ”