AfriForum bied ’n gesonde, gebalanseerde en gelukkige werksomgewing met dinamiese, talentvolle personeel wat almal hard werk om ’n verskil te maak.
Die organisasiekultuur is op Christelike waardes soos eerlikheid, openlikheid, vertroue, samewerking en lojaliteit gebou.
’n Loopbaan by AfriForum skep die geleentheid om aan ’n organisasie te behoort wat op mense fokus en waar jou kwalifikasies, ondervinding, eienskappe en vaardighede ’n belangrike bydrae sal lewer.
Om te behoort en om ’n verskil te maak, is ’n inherente behoefte wat elke persoon het. AfriForum bied personeel die unieke geleentheid om aan beide hierdie behoeftes te voldoen.
Hoewel ons jou vertel hoe dit is om vir ons te werk, is dit beter om dit uit die perd se bek te hoor: Ons personeel.
Opleiding geleenthede
Welstandsdae en ondersteuning
Sportdae
Markverwante salaris
Ete subsidie
Rolstoel vriendelike omgewing
“ Afriforum skep die geleentheid om gemeenskappe te bemagtig en te ondersteun om self verantwoordelikheid te neem en om sodoende op tasbare wyse hoop te skep wat na ander gemeenskappe uitkring. ”
“ AfriForum as werkgewer gee sy personeel geleentheid om saam met die organisasie te groei. As AfriForum-werknemer weet jy daagliks dat jy besig is met iets groter as jyself. Dit maak dit vir my lekker om in AfriForum se diens te wees.” ”
“ Dit is ’n voorreg om deel te wees van ’n organisasie wat nie net praat nie, maar doen en ’n werklike verskil maak. ”