Menslikehulpbronbeampte: Personeelbeplanning

(AfriForum en filiale)

Die pos is gebaseer by AfriForum se hoofkantoor in Kloofsig, Centurion. Die pos behels die bestuur en beheer van die personeelbeplanningsportefeulje.

AfriForum is op soek na ’n dinamiese en doelgerigte menslikehulpbronbeampte: personeelbeplanning om ons span te versterk. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die werwing en keuringsprosesse om geskikte personeel aan te stel. Dit sluit die sifting van kandidate, koördinering en uitvoer van onderhoude, aanstellings, kandidaatverifikasie en die plasing van nuwe werknemers in. Verdere verantwoordelikhede sluit loopbaanbeplanning en die hantering van diensbeëindigings en kontrakbestuur in.

Die ideale kandidaat moet oor ’n B-graad of gevorderde diploma in menslikehulpbronne beskik (NKR-vlak 7) en drie tot vyf jaar relevante menslikehulpbronneondervinding hê. Uitstekende vaardighede in besluitneming, leierskap, kommunikasie en organisasie is noodsaaklik, terwyl kennis van toepaslike wetgewing as ’n sterk voordeel beskou sal word. Die kandidaat moet oor sterk administratiewe vaardighede beskik en detail-georiënteerd wees. Die vermoë om personeelinligting vertroulik te hanteer is ononderhandelbaar in hierdie portefeulje.

Hierdie is ’n unieke geleentheid om deel te wees van ’n organisasie wat ’n beduidende verskil maak. AfriForum bied ’n dinamiese werksomgewing met groei- en ontwikkelingsgeleenthede vir die regte kandidaat.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie – bou jou loopbaan saam met AfriForum!

Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 15 April 2025 ingedien word.

Indien jy nie terugvoer ontvang binne drie weke ná die sluitingsdatum nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.